Sie befinden Sich nicht im Netzwerk der Universität Paderborn. Der Zugriff auf elektronische Ressourcen ist gegebenenfalls nur via VPN oder Shibboleth (DFN-AAI) möglich. mehr Informationen...

Details

Autor(en) / Beteiligte
Titel
Om die retor in postkoloniale Afrika-fiksie te lees: Armah se Two thousand seasons ter illustrasie
Ist Teil von
  • Literator, 2013-09, Vol.34 (1), p.e1-e9
Ort / Verlag
AOSIS
Erscheinungsjahr
2013
Link zum Volltext
Quelle
Literature Online (LION)
Beschreibungen/Notizen
  • Retors word binne postkoloniale Afrika-fiksie toenemend as ’n variant van die ekstra-diëgetiese verteller in die narratologie erken. Een voorbeeld hiervan is die gemeenskaplike stem. As middelpunt van die sosiale, geskiedkundige en politieke bewussyn, hou retors verskillende voordele in vir die skrywer. Ten spyte van retors se sterk aanwesigheid in postkoloniale Afrika-prosa, het kritici tot dusver min oor hierdie fassinerende narratiewe agent geskryf, oënskynlik omdat die ‘kanon’ van die Afrika-letterkunde, wat Lindfors beskryf het as die ‘long drums and canons’, die meeste aandag gekry het. Dit is wel bemoedigend dat ‘n ommeswaai aan die einde van die twintigste eeu plaasgevind het en dat kritici nou wel narratologiese kriteria op postkoloniale Afrika-fiksie begin toepas. Hierdie artikel teoretiseer die aanwending van die retor in Two thousand seasons deur aan te voer dat die retor ‘n bevoorregte posisie inneem danksy die ideologiese invloed wat hy uitoefen en die gesag van sy gesigspunt. Die artikel wil ’n bydrae lewer tot die bestudering van die narratologie in die Afrika-roman deur die aandag te vestig op die belangrikheid van die retoriese strategieë van die retor as agent in postkoloniale Afrika-fiksie. Hierdie artikel onderskryf dus ’n kritiese diskoers oor Afrika-tekste wat – in die woorde van Culler– ’n poëtika, die studie van die voorwaardes vir betekenis in postkoloniale Afrika-fiksie, uitmaak.
Sprache
Afrikaans
Identifikatoren
ISSN: 0258-2279
eISSN: 2219-8237
DOI: 10.4102/lit.v34i1.430
Titel-ID: cdi_doaj_primary_oai_doaj_org_article_06e47415f4ab4c85a0fbc715dec62cc5
Format

Weiterführende Literatur

Empfehlungen zum selben Thema automatisch vorgeschlagen von bX