Sie befinden Sich nicht im Netzwerk der Universität Paderborn. Der Zugriff auf elektronische Ressourcen ist gegebenenfalls nur via VPN oder Shibboleth (DFN-AAI) möglich. mehr Informationen...
Ergebnis 3 von 30
Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 2021-05, Vol.18 (1), p.339-362
2021

Details

Autor(en) / Beteiligte
Titel
Die rol van linguistiese kapitaal in plattelandse hoërskoolleerders se opvoedkundige prosesse
Ist Teil von
  • Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe, 2021-05, Vol.18 (1), p.339-362
Ort / Verlag
Litnet
Erscheinungsjahr
2021
Link zum Volltext
Quelle
EZB Free E-Journals
Beschreibungen/Notizen
  • Hierdie artikel fokus op die wyse waarop leerders hul linguistiese kapitaal in opvoedkundige prosesse by 'n plattelandse hoërskool benut. Leerders betree die Afrikaansmediumskool met verskillende vaardigheidsvlakke. Die gepaste taalvaardigheidsvlak vir 'n betrokke graad is egter belangrik. Aangesien die medium van onderrig by hierdie skool nie met die gemeenskapstaal ooreenstem nie, maak leerders aanpassings ten opsigte van taal om hul skoling te bevorder. Hierdie studie oorweeg die navorsingsvraag: Hoe benut leerders linguistiese kapitaal in die navigering van hul opvoedkundige prosesse by hul skool in die Noord-Kaap? Semigestruktureerde onderhoude is gebruik om die data van twee Namibiese leerders, naamlik 'n Ovamboseun en 'n Damara-Namadogter, te versamel. Bourdieu (1977) se Teorie van praktyk en Yosso (2005) se Model van kulturele rykdom van gemeenskappe is gebruik as lense om die data te interpreteer. 'n Narratiewe metodologie is as data-insamelings- en ontledingstegniek gevolg. Die narratiewe van die deelnemers word aangebied met verwysing na: (1) die leerders se vroeë biografieë; (2) hul ervaring en vergestalting van opvoedkundige weë; en (3) hul navigering van hul skoling deur linguistiese kapitaal aan te wend tot voordeel van hul opvoedkundige prosesse. Die artikel fokus nie as sodanig op die verband tussen veeltaligheid en opvoedkundige sukses nie. Die fokus is op hoe die leerders hul veeltaligheidsvermoë uitbou as deel van hul opvoedkundige pad by die skool. Die ontleding van die data het getoon dat die linguistiese kapitaal van minderheidsgroepe by 'n skool positief kan inwerk op hul opvoedkundige prosesse.
Sprache
Afrikaans
Identifikatoren
ISSN: 1995-5928
DOI: 10.10520/ejc-litnet-v18-n1-a14
Titel-ID: cdi_sabinet_saepub_https_hdl_handle_net_10520_ejc_litnet_v18_n1_a14

Weiterführende Literatur

Empfehlungen zum selben Thema automatisch vorgeschlagen von bX