Sie befinden Sich nicht im Netzwerk der Universität Paderborn. Der Zugriff auf elektronische Ressourcen ist gegebenenfalls nur via VPN oder Shibboleth (DFN-AAI) möglich. mehr Informationen...
Ergebnis 23 von 3620

Details

Autor(en) / Beteiligte
Titel
Die Aard van Pleegvaders se Betrokkenheid by Pleegkinders: ‘N Verkennende Studie Binnechild Welfare Tshwane
Ort / Verlag
ProQuest Dissertations & Theses
Erscheinungsjahr
2013
Link zum Volltext
Quelle
ProQuest Dissertations & Theses A&I
Beschreibungen/Notizen
  • Die doel van die studie was om die aard van die betrokkenheid van pleegvaders by pleegkinders te verken binne Child Welfare Tshwane. Om hierdie doel te bereik is ʼn kwantitatiewe benadering gevolg om op ʼn objektiewe wyse die aard van dié betrokkenheid te bepaal.Die studie is volgens ʼn nie-eksperimentele navorsingsontwerp uitgevoer, synde die korrelasie-ontwerp wat die konsep vaderlike betrokkenheid eenmalig gemeet en korrelasies tussen veranderlikes ondersoek het. Data is ingesamel oor drie konstrukte van vaderlike betrokkenheid, naamlike interaksie, beskikbaarheid en verantwoordelikheid. Data is deur middel van 'n self-geadministreerde vraelys ingesamel.Die bevindinge van die studie het getoon pleegvaders oor die algemeen hoë vlakke van betrokkenheid by hul pleegkinders getoon het ten opsigte van al drie die konstrukte. Die pleegvaders het beide ‘n instrumentele rol, byvoorbeeld voorsiening in die kinders se basiese behoeftes, en ‘n ekpressiewe rol, byvoorbeeld emosionele steun en aanmoeding van die pleegkinders, vertolk. Temas wat in hul eie beskrywing van hul rol as pleegvaders na vore gekom het, was diè van emosionele ondersteuning, sosialisering van die pleegkinders, die bied van ekonomiese sekuriteit en interaksie met die pleegkind en dat hul dus ‘n aktiewe byrae tot die uitvoering van die gesinsfunksies gelewer het. Hoewel die meerderheid van die pleegvaders bejaard was en bedags tuis teenwoordig was, het dit nie betekenisvol verskil van die betrokkenheid van pleegvaders wat voltyds gewerk het nie.Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat maatskaplikewerkdienste ook die pleegvader behoort in te sluit en daarop fokus om pleegvaders te motiveer om betrokke te wees by die versorging van pleegkinders. Pleegvaders kan ‘n belangrike bydrae lewer tot die stabliteit van pleegplasings en tot die algehele welsyn van die pleegkinders.
Sprache
Afrikaans
Identifikatoren
ISBN: 9798381007053
Titel-ID: cdi_proquest_journals_2901809268

Weiterführende Literatur

Empfehlungen zum selben Thema automatisch vorgeschlagen von bX