Sie befinden Sich nicht im Netzwerk der Universität Paderborn. Der Zugriff auf elektronische Ressourcen ist gegebenenfalls nur via VPN oder Shibboleth (DFN-AAI) möglich. mehr Informationen...
Ergebnis 4 von 539

Details

Autor(en) / Beteiligte
Titel
Senior Primary School Children's Experience of the Death of a Parent: Guidelines for Assisting Bereaved Children
Ort / Verlag
ProQuest Dissertations & Theses
Erscheinungsjahr
2000
Quelle
ProQuest Dissertations & Theses A&I
Beschreibungen/Notizen
  • Daar is voldoende bewys dat die dood van n ouer gedurende die vormingsjare van die kind. wat ook die laerskool jare insluit, n negatiewe uitwerking op die aanpassing van die bedroefde leerling kan hê. Die huidige statistiek dui ook aan dat daar moontlik baie meer kinders hulle ouers aan die dood as gevolg van noodlottige siektes soos vigs, oor die volgende aantal jare kan verloor. Teen hierdie agtergrond, is die studie onderneem.Die probleemstelling is soos volg geformuleer:* watter faktore en ooreenstemmende ervaringe beinvloed die aanpassing van die bedroefde senior laerskool leerling?* watter riglyne vir berading kan voorgeskryf word om die bedroefde senior laerskool leerling by te staan?Die doel van die navorsing is derhalwe:* om die faktore en ooreenstemmende ervaringe van die bedroefde leerling te verken en te beskryf; en* om riglyne daar te stel vir berading aan bedroefde senior laerskool leerlinge.Omdat die navorsing daarop gerig is om n in-diepte-studie van die faktore en Ooreenstemende ervaringe van die bedroefde senior laerskool kind te onderneem, is die kwalitatiewe navorsingsbenadering gevolg. Data is deur middel van fenomenologiese onderhoude en direkte waarneming ingesamel. Die data is volgens die beskrywende benadering ontleed.Die resultate van hierdie empiriese ondersoek, is met relevante literatuur vergelyk, en unieke bydraes voortspruitend uit die onderhawige navorsing is geidentifiseer. Temas wat deur die empiriese navorsing en uit die literatuur geidentifiseer is, vorm die grondslag waarop riglyne vir die effektiewe berading van die bedroefde laerskool leerling neergelê word.Uit die bevindinge van die navorsing, blyk dit dat die ondersteuningstelsels van die bedroefde leerling oor die algemeen nie baie effektief toegepas word nie. Hierdie gevolgtrekking is bereik na aanleiding van die beskrywings van die faktore en ooreenstemmende ervarings van die bedroefde laerskool leerlinge gedurende die onderhoude wat met hulle gevoer is, en nie deur enige kontak met die relevante ondersteuningstelsels nie.Die probleem kom daarop neer dat alhoewel die nodige ondersteuningstelsels wel beskikbaar is, hulle blykbaar nie effektief toegepas word nie. Sekere komponente van hierdie ondersteuningstelsels is ook blykbaar nie voldoende vir die raak van ondersteuning nie. Volgens die literatuur, blyk dit dat van die ondersteuningstelsel komponente nie seker blyk te wees van watter ondersteunende taak hulle kan of mag bydra nie. Daar blyk ook grootliks onvoldoende kommunikasie en samewerking tussen die nodige ondersteuningstelsels te wees.Teen hierdie agtergrond is die voorstel derhalwe dat n gemeenskaplike goedgeorganiseerde gekoërdineerde benadering daargestel word, waarin al die ondersteuningskomponente bekwaam is en waarin hulle almal saamwerk om die bedroefde leerling te begelei sodat sy aanpassing nie sy toekomstige ontwikkeling onnodig belemmer nie.

Weiterführende Literatur

Empfehlungen zum selben Thema automatisch vorgeschlagen von bX