Sie befinden Sich nicht im Netzwerk der Universität Paderborn. Der Zugriff auf elektronische Ressourcen ist gegebenenfalls nur via VPN oder Shibboleth (DFN-AAI) möglich. mehr Informationen...
Open Access
Oor feekse en helleveë
Tydskrif vir geesteswetenskappe, 2021-12, Vol.61 (4-1), p.1129-1155
2021

Details

Titel
Oor feekse en helleveë
Ist Teil von
  • Tydskrif vir geesteswetenskappe, 2021-12, Vol.61 (4-1), p.1129-1155
Erscheinungsjahr
2021
Link zum Volltext
Quelle
EZB Electronic Journals Library
Beschreibungen/Notizen
  • Navorsing oor vloekwoorde (hier gebruik as 'n hiperoniem om ander verskynsels en/of sinonieme in te sluit, waaronder swets, skel, (gods)laster en vuil taal) word al internasionaal vir baie jare in 'n verskeidenheid wetenskaplike dissiplines gedoen. Daarteenoor is daar baie min tot geen navorsing oor vloek in die Suid-Afrikaanse konteks gedoen nie. In hierdie artikel word twee navorsingsvrae oor twee spesifieke vloekwoorde, feeks en helleveeg, beantwoord, te wete: 1. Hoe lyk die konstruksionaliseringsnetwerk van feeks en helleveeg? 2. Wat is gebruikers se opinie oor feeks en helleveeg, met spesifieke verwysing na selfgerapporteerde frekwensies (sowel produksie (sê/skryf), as persepsie (hoor/lees)); die taboewaarde (d.i. aanstootlikheid vir self en vir ander); persepsie oor die prominensie (d.i. emosiebelaaidheid, opvallendheid en bekendheid); en die geslagskonnotasie van die referent van dié twee woorde? Resente insigte in die etimologie van feeks en helleveeg word in detail bespreek, terwyl voorstelle vir visuele voorstellings van etimologiese inligting en konstruksionaliseringsnet-werke aan die hand gedoen word. Daar word ook uitvoerig gerapporteer oor 'n persepsie-ondersoek wat met behulp van aanlyn vraelyste oor dié twee woorde gedoen is. Met behulp van 'n tekentoets vir verbandhoudende steekproewe, word die verskillende dimensies van die twee woorde met mekaar vergelyk. Die artikel sluit af met 'n vooruitskouing op toekomswerk.
Sprache
Englisch
Identifikatoren
ISSN: 0041-4751
eISSN: 2224-7912
DOI: 10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a9
Titel-ID: cdi_crossref_primary_10_17159_2224_7912_2021_v61n4_1a9
Format

Weiterführende Literatur

Empfehlungen zum selben Thema automatisch vorgeschlagen von bX